Die Hairtrends studente bied deur die jaar gratis dienste aan vir die publiek. Wanneer ’n student ’n nuwe vaardigheid aanleer pas hulle dit gratis toe op die eerste 6 kliënte. Die studente het al ’n allemintige 1632 kliënte in slegs 5 weke gehad! Die publiek word hartlik uitgenooi om Hairtrends te skakel en hul besonderhede op die databasis te plaas om sodoende gekontak te word vir hierdie diens. Nie alleenlik sal die kliënt kan spog met ’n nuwe styl nie, maar die student sal die noodsaaklike ondervindgsure inwin om hul kwalifikasie te voltooi.
Volg ons op: