Vir meer inligitng en navrae, kontak:
(018) 294 9037 / (018) 294 5581
Gedurende kantoorure.
(Maandae - Vrydae 07h30 to 16h30)
Faks:
(018) 293 3128
E-pos:
info@potchakademie.co.za
Die Tina Schöltz Dagspa is die toonaangewer van skoonheidssalonne in die Noordwes vir meer as 26 jaar. Die feit dat die Tina Schöltz Dagspa met die gesogte Les Nouvelles Esthetique Medi-Spa 2007-toekenning weggestap het, bewys weereens ons voortgesette toewyding om buitengewone diens te lewer. Die gebruik van innoverende tegnologie is verdere bewys van daardie toewyding.
Eienaar, Me Tina Schöltz, uiters bekend is vir haar vernuf op die gebied van velsorg en gesondheidsterapie, is ’n beroemde entrepreneur wat haar besigheid in 1981 begin het, wat gelei het tot die stigting van Potchefstroom Akademie.
Die skoonheidskliniek word sedert 1990 suksesvol bedryf as ’n onafhanklike besigheid op 'n afsonderlike perseël (dus nie deel van die kampus nie). Fasiliteite het sedertdien geweldig uitgebrei en die Tina Schöltz Dagspa word nou herken as een van die beste dagspa’s in die land.
Tina Schöltz Dagspa is geregistreer by CIDESCO.
Klik hier om na fotos in die Tina Schöltz Dagspa galery te kyk.
Volg ons op: