KONTAK ONS

Vir meer inligitng en navrae, kontak:
(018) 294 9037 / (018) 294 5581
Gedurende kantoorure.
(Maandae - Vrydae 07h30 to 16h30) 

Faks:
(018) 293 3128 

E-pos:
info@potchakademie.co.za

Verblyf 

Verblyf in ’n verskeidenheid studentekoshuise is op aanvraag beskikbaar. Verblyf is beperk en daarom moet voornemende studente betyds aansoek doen om teleurstelling te voorkom.

  • Potchefstroom Akademie en SAAHST se koshuise voorsien gesellige verblyf binne loopafstand van die hoofkampus. Koshuisverblyf bied die student kitsinteraksie met medestudente.
  • Die koshuise verskaf "wireless" internetdiens en lugtyd is beskikbaar op kampus. Studente moet hulle eie rekenaars (skootrekenaars) voorsien.
  • Huiskomitees (studente) en koshuispersoneel bestuur al die koshuise.
HANTON COURT
Hanton Court is in ’n stil straat geleë, ongeveer 420 m van die hoofkampus, met huisvesting vir 75 studente. Daar is 14 woonstelle en elke woonstel huisves 5 – 6 studente. Die woonstelle bestaan uit ’n kombuis, badkamer, leefarea, twee dubbelkamers, een/twee enkelkamers en ’n balkon waar studente kan kuier. Parkering is op die perseel beskikbaar.
 
TAMARISK
Hierdie woonstelblok is direk bo die haarkapperykampus geleë en kan 45 studente huisves. Dit is ongeveer 60 m van die hoofkampus. Verblyf bestaan uit enkel- en dubbelkamers met of sonder badkamers, gemeenskaplike badkamers, ’n groot leefarea, kombuis en waskamer. Beperkte onderdak-parkering kan gehuur word.
 
MONDAIN
Mondain grens aan die hoofkampus en bied verblyf aan ongeveer 25 studente in enkel- en dubbelkamers. Akkommodasie bestaan uit ’n groot gemeenskaplike badkamer, kombuis en leefarea. Elke kamer het ’n ingeboude boekrak, hangkas en lessenaar. Beperkte parkering is op die kampus beskikbaar.
 
VIOLA
Viola is direk langs die hoofkampus geleë en huisves 13 studente in enkelkamers  – meeste kamers het ’n ingeboude wasbak. Akkommodasie bestaan uit ’n leefarea, kombuis, waskamer en ’n binnehof waar studente gesellig kan verkeer. Beperkte parkering is op die kampus beskikbaar.
 
KRUGERHUIS
Krugerhuis is ’n historiese dubbelverdiepinghuis wat ongeveer 700 m van die hoofkampus en 400 m van die Binneversieringkampus geleë is. Hierdie studentehuis huisves 8 studente in enkelkamers. Daar is ’n badkamer op elke verdieping asook ’n tuinwoonstel met sy eie badkamer, ideaal vir twee studente om te deel. Hierdie huis het ’n groot sitkamer, braaigeriewe en parkering is op die perseel beskikbaar.
 
LOMBARDHUIS
’n Gerieflike huis wat verblyf aan 9 studente bied en 400 m van die hoofkampus geleë is. Die huis bestaan uit ’n sitkamer, groot kombuis, twee badkamers en braaigeriewe. ’n Enkelwoonstel met sy eie badkamer grens aan die huis. Parkering is op die perseel beskikbaar.
 

TORLYN

Torlyn is een van die nuwe toevoegings tot Potchefstroom Akademie. Hierdie gesellige woonstelle is ‘n blok weg van hoofkampus. Daar is 5 woonstelle en elke woonstel huisves 3-4 studente. Elke woonstel beskik oor 3-4 enkelslaaplamers, ‘n kombuis, leefarea en badkamer. Parkering is beskikbaar op die perseel. Die woonstelblok met sy heerlike grasperk bied aan enige student ‘n onvergeetlike tyd. 
 
CASA MIA – DORPSKOSHUIS
Studente wat privaat gehuisves word of in Krugerhuis of Lombardhuis tuisgaan, kan by Casa Mia – die dorpskoshuis – aansluit. Dit is ideaal vir studente om by die Akademie se sosiale aktiwiteite en studentelewe aan te sluit.
 

Verblyfgalery

Click hier om na fotos van die verblyfgalery te kyk.

  
<< Terug na Studente Lewe