As jy graag meer kennis en ervaring deur middel van ’n holistiese benadering wil opdoen, is ’n loopbaan in Somatologie die ideale keuse vir jou.
Somatologie is ’n veelsydige loopbaan waar die Somatoloog leer om ’n verskeidenheid vel- en lyftoestande op ’n holistiese, en met 'n gesondheidsverwante benadering, te behandel. Terapeute word opgelei vir die plaaslike en internasionale mark, spa-terapie en -bestuur.
Somatoloë het ’n deeglike kennis van die menslike liggaam, kosmetiese produkte en gebruik tegnologies gevorderde behandelings en toerusting. Die kombinasie van skoonheid, gesondheid en wetenskap fokus op die verbetering van mense se lewensgehalte en hulle welstand terwyl daar op die jongste neigings en tegnieke gekonsentreer word.
Loopbaangeleenthede:
Skoonheidsklinieke
Verslankingsklinieke
Elektroliseklinieke
Afdelingswinkels
Gimnasiums
Apteke (Velsorg- en gesondheidsterapeute, spesialisverkope, ens.)
Groot hotelle met talle buitelandse toeriste
Kosmetiese verkope (Opleiding en bemarking)
Tydskrifte en koerante (Skoonheidsartikels/rubrieke, ens.)
Spaterapie en –bestuur (Plaaslik en internasionaal)
Luukse passasiersbote
Programme:
Diploma in Health and Skincare (NQF-vlak 5) – 2 jaar voltyds
Advanced Diploma in Somatology (NQF-vlak 6) – 3de jaar voltyds
SAAHSP Nasionale Diploma (opsionele eksterne eksamen)
CIDESCO Internasionale Diploma (opsionele eksterne eksamen)
Geregistreer deur by Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, registrasienommer: 2001/HE07/00
Volg ons op: