Vars, gebalanseerde etes is daagliks beskikbaar by die “Café Academy”-kafeteria.
Die Akademie spog met moderne rekenaarlokale met bedryfsverwante hardeware en sagteware vir elke studierigting. Rekenaarlokale is voorsien van al die nodige toerusting, soos drukkers, stippers, skandeerders, fotostaatmasjiene en internet-fasiliteite.
Daar is twee biblioteke: ’n Indrukwekkende Ontwerpbiblioteek met ’n wye verskeidenheid naslaanwerke en inskrywings op verskeie argitektoniese joernale, tydskrifte, dekortydskrifte, video’s, produk-CD’s en DVD’s. Die Gesondheid- en Skoonheidsbiblioteek is toegerus met ongeveer 1 300 boeke en vaktydskrifte. Klem word geplaas op die basiese vaardighede wat nodig is vir akademiese sukses en akademiese ontwikkeling. Navorsing- en naslaanwerkversamelings vorm ’n belangrike en integrale deel van hierdie biblioteke.
Tegniese toerusting: Kameras, videospelers, DVD-spelers en -skrywers en -spelers, skyfieprojektors, tru-projektors, OV-projektors en klankstelsels.
Jolie Femme is ons ten volle toegeruste interne opleidingsfasiliteit vir Gesondheid en Velsorg, Somatologie en die terapeutiese modaliteite onder die waaksame oog van die dosente.
Moderne en deeglik toegeruste teoretiese en praktiese werkstasies.
Spa-opleidingsfasiliteite vir derdejaarstudente met ’n dryftenk, “wet-beds”, spa-straalbad, zen-tuin, ens.
Volg ons op: