KONTAK ONS

Vir meer inligitng en navrae, kontak:
(018) 294 9037 / (018) 294 5581
Gedurende kantoorure.
(Maandae - Vrydae 07h30 to 16h30) 

Faks:
(018) 293 3128 

E-pos:
info@potchakademie.co.za

Registrasie & Akkreditasie


Hoër onderwys van gehalte
Potchefstroom Akademie (Edms) Bpk is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer as ’n privaat hoëropleidinginstansie kragtens die Wet op Hoëronderwys, 1997. Registrasiesertifikaatnr. 2001/HE07/001.

Ons kwalifikasies is by SAQA (South African Qualification Authorities) geregistreer op die NQF (National Qualification Framework).

Kry waarvoor jy betaal – maak seker jy skryf in by ’n wettige instansie

  • Volgens wet moet elke privaatverskaffer van hoër onderwys by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) geregistreer wees.
  • Elke kwalifikasie moet by SAQA op die NQF geregistreer wees. Die NQF bestaan uit agt vlakke waarvan vlakke 5, 6, 7 en 8 hoër onderwys is.
  • Elke hoëronderwysprogram wat deur ’n hoëronderwysverskaffer aangebied word, moet deur die HEQC (Council of Higher Education’s Higher  Education Quality Committee) geakkrediteer word.
  • Die DHET erken net HEQC-akkreditering van hoërondewyskwalifikasies.
  • Volgens wet moet alle geregistreerde verskaffers van privaat hoër onderwys ’n registrasiesertifikaat van die DHET vertoon.
  • Kyk uit vir ’n registrasiesertifikaat in die ontvangsarea van die instansie.
  • As jy enigsins twyfel, besoek die DHET se webwerf vir ’n register van geregistreerde instansies:  HYPERLINK "http://www.education.gov.za" http://www.education.gov.za
Potchefstroom Akademie is een van net ’n handjievol privaat hoëronderwysinstansies in die bedryf wat aan die wetgewing voldoen!

Die feit dat Potchefstroom Akademie erken word deur ’n reeks plaaslike en internasionale organisasies, bekragtig die uitstekende standaarde wat gestel en gehandhaaf word.
  • CHE - Council on Higher Education
  • SAAHSP – South African Association for Health and Skincare Professionals
  • CIDESCO – Comité International d’Esthétique
  • BISA – British International Spa Association
  • IID – South African Institute of the Interior Design Professions
  • AHPCSA – The Allied Health Professions Council of South Africa
Die volgende vorm deel van die Akademie se kurrikula  by wyse van ’n samewerkingsooreenkoms:
  • Sertifikaat in Entrepreneurskap (ABKS) van die Noordwes-universiteit
  • Sertifikaat in Oefenkunde  van die Noordwes-universiteit.
Verdere onderwys en opleiding van gehalte
SAAHST is voorlopig geakkrediteer deur Umalusi Raad vir Kwaliteitsversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, www.umalusi.org.za. SAAHST is ook voorlopig geregistreer by die Departement van Verdere Onderwys en Opleiding, sertifikaatnommer: 2009/FE07/025.